Latest News


Karan Beef gee om vir die Omgewing

Friday, 29 October 2010

Ek verwys na die berig in Beeld van 26/10/2010 oor die besoedeling by Karan Beef se slagpale en wil graag die volgende onder u aandag bring:

Karan Beef het op 29 September 2010 ‘n waarskuwing van die Departement van Waterwese   ontvang met bettreking tot die die uitvloei van afvalwater in die stormwater kanaal vanaf die slagpale.

Karan Beef se personeel en omgewingspesialis het onmiddellik gereageer en ondersoek ingestel. Alle tekens van bloed in die water kon dadelik gestop word, waarna die pypnetwerk wat alle afvalwater hanteer deeglik ondersoek is om te kyk waar die probleem ontstaan het en hoekom afvalwater in die stormkanaal beland het.

Korrektiewe stappe, met inbegrip van rehabilitasie en die verbetering van die pypnetwerk, is onmiddellik gedoen en op die oog af is probleem opgelos en die besoedelde area volkome herstel. Sou enige verdere werk egter nodig wees, sal verdere rehabilitasie gedoen word.

Tydens ‘n vergadering op 22 Oktober 2010, wat deur verteenwoordigers van die Departement van Waterwese, die plaaslike owerheid en Karan Beef bygewoon is, is besluit om alle relevante besoedelingsprobleme en watergehalte voortaan gesamentlik, tot voordeel van Balfour, te bestuur.  Dr Johann van Niekerk tree op as omgewingsbestuurder vir Karan Beef en hy kan by 083 324 0470 gekontak word vir meer duidelikheid.

Indien daar enige verdere navrae is, kontak my gerus.

Die uwe

Arnold Pretorius
Groep Uitvoerende Hoof
Karan Beef (Pty) Ltd
Reg.No.1998/006623/07

Back