In The News

Kits Kos Wie’s Baas?

Kits Kos Wie’s Baas?


Die dae van jou eie padkos vir die langpad is nog lank nie verby nie. Toebies (hopelik nie met Sandwich Spread of vissmeer nie!), frikkadelle, hoenderboudjies en hardgekookte eiers uit ’n roomysbak saam met ’n koppie soet melktee uit ’n fles ken nie sy gelyke nie, veral as jy in die koelte van ’n peperboom by ’n sementtafeltjie aansit.

Maar af en toe wil (en kan) jy jouself beloon deur langs die pad by ’n kitskosrestaurant af te trek en die hongerpyne te stil. Dit kan óf ’n hoogtepunt wees op ’n vervelige pad óf jy kan uitgelewer, ontvrede en platsak voel.

Daarom het ons vyf redaksielede opgekommandeer om die bekendste langpad-eetplekke se kaasburger en tjips, melkskommel en koffie te beoordeel op grond van prys en gehalte.

Was hulle metode wetenskaplik? Geensins. Ongeag wat die advertensies jou probeer wysmaak, is ’n burger by een kitskostak nie altyd presies dieselfde as by die volgende een nie.

Of miskien het die sjef by die tak wat ons besoek het, ’n uitval met sy vrou gehad of die personeel het die vorige aand hulle afskeidsgeselligheid gehad, wie weet. En ongelukkig kon die proepaneel net een tak van elke kitskosgroep besoek.

Hier is dan die indrukke van die proepaneel: Vania Jooste (teksredakteur), Esma Marnewick (assistentredakteur), Jurg Slabbert (webjoernalis), François Haasbroek (kartograaf) en Aletta Lintvelt (kosredakteur).

Klik hier om die PDF artikel af te laai




comments powered by Disqus